Hoogland van Tibet

Die Hoogland van Tibet
Topografiese kaart van die Hoogland van Tibet

Die Hoogland van Tibet (Tibettaans: བོད་ས་མཐོ།, Wylie: bod sa mtho), Qinghai-Tibettaanse Plateau[1] of Qingzang Plateau[2] (Tradisionele Chinees en Vereenvoudigde Chinees: 青藏高原; pinyin: Qīng–Zàng Gāoyuán; Kantonees: Ch'ing Chôong Koow Yuun) is 'n hoogland in Tibet en die provinsies Qinghai in die Volksrepubliek China, asook in Ladakh en Kasjmir van Indië en Pakistan. Die Hoogland van Tibet oorvleuel met dele van die Himalaja, maar word nie as deel van dié bergreeks beskou nie.

Die Hoogland van Tibet bevat met Berg Everest en K2 die twee hoogste bergpieke op aarde en dus word ná dié gebied ook as "Dak van die Aarde" verwys. As gevolg van sy uitgestrekte gebied en koue klimaat word die Hoogland van Tibet ook "Derde Pool" genoem, vergelykbaar met die Noord- en Suidpool.

Die noordelike deel wat meer as die helfte van die Hoogland van Tibet beslaan word Changthang genoem.

  1. (en) Wang, Zhaoyin; Li, Zhiwei; Xu, Mengzhen; Yu, Guoan (30 Maart 2016). River Morphodynamics and Stream Ecology of the Qinghai-Tibet Plateau. CRC Press.
  2. (en) Jones, J.A.; Liu, Changming; Woo, Ming-Ko; Kung, Hsiang-Te (6 Desember 2012). Regional Hydrological Response to Climate Change. Springer Science & Business Media. p. 360.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search